Jump to content
The Lotus Eaters: Share Bug Reports and Feedback Here! ×

"sons Of Thunder" Is Looking For Mature Sa Players.


Pelitzarri
 Share

Recommended Posts

"Sons of Thunder" is 'n klein, maar ervare groepie wat deur 2 vriendelike Boere broers beman word. Ons soek tans nuwe lede meestal vanweë die feit dat hierdie nuwe "Raid" missies meer spelers benodig. Ons is beide ervare spelers met sterk wapentuig en verskeie warframes.

 

Voordat jy verder gaan, of weggaan, oorweeg eers die volgende: 

 

Ons gaan nie later 'n groter "clan" word nie.

 

Ons is nie op soek na tieners om lede te wees nie. 21+ (as ek 'n Beach Boys of L.O. broekie joke wil maak, moet iemand darem weet waarvan ek fokken praat, jy weet.)

 

Ons is nie sogenaamde "rushers" nie. Ons verken die missie, speel strategies en ondersteunend, bereik die doelwit en moor enige bliksem wat dit waag om vir ons of ons spanmaats te skiet. Nat-kak sou 'n gepaste woord wees.

 

Ons het al hierdie sogenaamde "exploits" in die game gesien en beleef. Die "unranked-to-level 30" in 30 minute XP truuk op Ceres. Die 4 uur-lange "T2 Survival vir Prime Parts, spam jou nommer 4" ensovoorts. Ons hou nie daarvan nie en gaan dit waarskynlik nooit doen nie. As dit jou pakkie sop is, kyk elders. Die Seuns van Donder verdien hulle credits, xp en ander kak op die goeie ou manier... binne perke. DE gee vir ons klaar genoeg, dis nie nodig om die game te verkrag nie.

 

Ons speel in "events" om die doelwitte te bereik en persoonlike belonings te ontvang, maar gaan regtig nie probeer om telborde te haal nie.

 

Ons gaan nodig hê om met mekaar te kan praat. Ons gebruik "Raidcall". Dis gratis sagteware, werk lekker en ons het al klaar 'n kanaal. Jy moet letterlik net download, installeer en die kanaal se ID nommer by ons kry. Nou praat jy!

 

Okay, indien die bogaande nie vir jou 'n steen des aanstoots was nie kan jy ook na die volgende uitsien:

 

Ons het 'n lekker klein, volledige "Dojo". Geen doolhowe hier nie. Al die "clan tech" navorsing is op datum en alles is beskikbaar. (behalwe die "Archwing" goed, maar jy kan dit self kom doen) Slegs die nuttelose "Obstacle Course" is al weer uitgewis. Net die goed wat regtig nodig is, jy weet. Ons gaan binnekort ander kleure op die mure ook probeer. Miskien blomme...

 

Ons is min lede tans, maar bykans elke aand aanlyn. My kinders slaap, dus speel ek maklik tot laat.

 

Jy gaan speel saam met geduldige spanmaats wat steeds na baie ure die game geniet. Ons geniet die eerste missie op Mercury net soveel as 'n "T4 Mobile Defense". Ons jaag nie om goed te kry nie, ons versamel geduldig en jaloers alles wat ons teëkom.

 

Nuwe spelers is welkom, ervare spelers sal die respek ontvang wat hulle toekom.

 

Engelssprekende mense is welkom, ons kan albei tale praat. Ek hoop Engelsman kan ook.

 

Dis dan nou ons voorlegging. Ons kan meer gesels binne die game indien jy meer wil uitvind.

Ek gaan nie elke dag hierdie forum kom loer nie, dus probeer skakel met "Pelitzarri" of "Barrieros" binne die game indien jy belangstel. Gewoonlik vanaf 20:30 saans.

 

"Who comes with the thunder?"

 

 

 

 

Link to comment
Share on other sites

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account in our community. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
 Share

×
×
  • Create New...